Welkom in Orania

Die Orania Oewerhotel is geleë op die boomryke oewer van die Oranjerivier in die pragtige Bo-Karoo.

 

Ons gaste word bederf met luukse geriewe en die einste vriendelike Boere Gasvryheid waarvoor Orania wêreldwyd bekend staan.

 

Die Orania Oewerhotel bied 12 stylvol ingerigte kamers met en-suite-badkamers. Ons idilliese ligging is perfek vir ‘n ontspanne wegbreekkans vir die familie, asook ‘n romantiese ontsnapping saam met die spesiale persoon in jou lewe.

 

Die oord is ‘n gewilde keuse vir privaat funksies, troues en kombuistee-partytjies. Vir groter funksies, bv. troues, kan die oord 200 gaste huisves.

Bespreek vandag