Orania Oewer Restaurant

Besoek Orania Oewer Restaurant en ervaar eg Afrikaanse styl en gasvryheid.

 

Die Oewer Restaurant, bestaande uit ‘n dek-restaurant, buitelug boma en kroeg, is geleë tussen skaduryke inheemse bome op die oewer van die Oranjerivier.

 

Ons volkskombuis is bekend vir ons smullekker biefstukke, slaaie, kontreikos en tradisionele Afrikaanse disse. ‘n Keur van Kaapse landgoed en koöperatiewe kelder wyne is beskikbaar.

 

Ons bedien smul lekker etes terwyl gaste die pragtige uitsig oor die Oranjerivier vanaf hul tafels kan geniet.

 

Die Oewer Restaurant is ook die ideale ligging vir privaat funksies, troues en spesiale geleenthede.

 

Skakel ons gerus vir ons nuutste spyskaart: 053 207 0243