Orania Rivier Spa
Op die oewer van die magtige Oranje verrys die droom van ‘n ma en haar dogter. ‘n Plek wat hul waagmoed om te droom, reflekteer. ‘n Ruimte waar jy jouself kan kom vind terwyl jy pure welgeluksaligheid kan ervaar.
Dit was die droom van Anna Maria Laäs en haar ma Anna Boshoff. ‘n Droom wat op 6 September 2008 in sy volle glorie op die oewer van die Oranjerivier in Orania gepryk het.
Met sy besonderse argitektuur van hout en klip voorwaar ‘n lus vir die oog. Met die kalmerende klanke van vloeiende water op die oor, sal jy vinnig in ‘n staat van algehele ontspanning verkeer om die terapiesessies terdeë te geniet.
Skakel ons vir meer inligting by 053 207 0006 / 071 673 9705
besprekings@oraniarivierspa.co.za