Welkom by Aan-die-Oewer, die oase van die Bo-Karoo
Hier kan vakansiegangers en besoekers van oraloor die betowering van die pragtige oewer, die rivier en natuurlik die gasvryheid van Orania en sy mense kom ontdek. Uitgestrekte grasperke onder die inheemse wag-‘n-bietjie-, doring- en kareebome bied ruimte vir kinders om te speel en vir grootmense om sommer net ‘n vleisie te braai terwyl hulle die rustigheid en skoonheid van die omgewing geniet.
Kampplek, selfsorgchalets en ‘n hotel met 12 kamers sorg vir genoeg akkommodasie vir nagenoeg 150 gaste.
Die oord het heelwat geriewe soos ‘n restaurant, spa, onderdakswembad, kayakke en ‘n vlot op die rivier.
Waterpret soos binnebandry en jetski’s.word in vakansietye aangebied, onder leiding van ‘n bekwame gids.
Kom besoek gerus Aan-die-Oewer vakansieoord en kom vind self uit waarom dit die “toerismejuweel” van die Noord-Kaap genoem word.
Skakel ons vir meer inligting by 071 673 9705.